Denver Internasionale Lughawe

Denver Internasionale Lughawe
IATA: DENICAO: KDENFAA: DEN
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar City & County of Denver Department of Aviation
Operateur City & County of Denver Department of Aviation
Ligging Noordoos-Denver, Colorado
Spil vir Frontier Airlines
Great Lakes Airlines
United Airlines
Fokuspunt vir Southwest Airlines
Koördinate 39°51′42″N 104°40′23″W / 39.86167°N 104.67306°W / 39.86167; -104.67306
Webtuiste http://www.flydenver.com
Landkaart
DEN is in Colorado
DEN
DEN
Ligging van die lughawe in Colorado
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
vt m
7/25 12 000 3 658 Beton
8/26 12 000 3 658 Beton
16L/34R 12 000 3 658 Beton
16R/34L 16 000 4 877 Beton
17L/35R 12 000 3 658 Beton
17R/35L 12 000 3 658 Beton
Statistieke (2022)
Passasiers 69 286 461
Lugbewegings 615 733
Vrag 299 867 352 kg
Ekonomiese impak VS$ 13,0 miljard[1]
Bron: Denver Internasionale Lughawe[2]

Denver Internasionale Lughawe (IATA-kode: DEN, ICAO: KDEN) is 'n groot lughawe in Denver, Colorado. Teen 140 vierkante kilometer (54 vk. myl) is dit die grootste lughawe in die Verenigde State oppervlakgewys. Aanloopbaan 16R/34L is die langste openbare aanloopbaan (4 877 meter) in die Verenigde State. In 2021 was dit die 15de besigste lughawe in die wêreld met passasiersverkeer van 58 828 552.

Dit was die vyfde besigste lughawe in die wêreld met meer as 635 000 vliegtuigbewegings in 2010.[3] Die Denver Internasionale Lughawe lewer 'n nonstop-diens aan bestemmings in Noord-Amerika, Latyns-Amerika, Europa en Asië. Die lughawe is in die noordooste van Denver en word bestuur deur die City & County of Denver Department of Aviation. DIA is aangewys as die beste lughawe in Noord-Amerika deur die lesers van "Business Traveler Magazine" vir ses jaar agtereenvolgend (2005-2010)[4] en is die naam "America's Best Run Airport" deur Time Magazine toegedig in 2002. [5]

Denver is die belangrikste spil vir die laekosteredery Frontier Airlines en die pendelaardraer Great Lakes Airlines. Dit is die vierde grootste en Sentraal-Amerikaanse sentrum vir United Airlines, asook 'n groot fokusstad vir Southwest Airlines. Sedert die aanvang van sy diens aan Denver in Januarie 2006, het Southwest meer as 50 bestemmings bygevoeg tot sy lys, dit maak Denver sy vinniggroeiendste mark. DIA is die enigste lughawe in die Verenigde State met 'n ISO 14001-gesertifiseerde omgewingsbestuurstelsel wat die hele lughawe dek.[6]

  1. "Denver airport – Economic and social impact" (in Engels). Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 7 September 2013.
  2. "Passenger Traffic Reports". Denver Internasionale Lughawe. Besoek op 2 Februarie 2022.
  3. "December Passenger Total at DIA Gives Airport Monthly and All-Time Records" (PDF). City & County of Denver Department of Aviation. 4 Februarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 Maart 2009. Besoek op 4 Februarie 2009.
  4. "Five Years in a Row". Wingtips. City & County of Denver Department of Aviation. 1 (10). Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2013. Besoek op 11 Julie 2012.
  5. Zoglin, Richard (15 Julie 2002). "Welcome to America's Best Run Airport". Time Magazine (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2013. Besoek op 8 September 2011.
  6. "2009 Jaarverslag" (PDF). City & County of Denver Department of Aviation. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 Mei 2012. Besoek op 11 Julie 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy